Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Asiatiese Kort Verhale: Kort Verhale
Asiatiese Kort Verhale: Kort Verhale
Asiatiese Kort Verhale: Kort Verhale
Ebook134 pages2 hours

Asiatiese Kort Verhale: Kort Verhale

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs

Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond.

Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel.

Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval.

Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam.

Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm.

Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou.

Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs

Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond.

Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel.

Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval.

Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam.

Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm.

Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou.

LanguageAfrikaans
Release dateDec 30, 2018
ISBN9781547563517
Asiatiese Kort Verhale: Kort Verhale

Related to Asiatiese Kort Verhale

Related ebooks

Related articles

Reviews for Asiatiese Kort Verhale

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Asiatiese Kort Verhale - Megan Publishing Services

    INHOUDSOPGAWE

    KOPIEREG KENNISGEWING...................................................................................2

    KONTAK BESONDERHEDE.....................................................................................2

    DIE OUTEURS:.............................................................................................................2

    ASIATIESE KORT VERHALE

    deur

    Verskeie Outerus

    saamgestel deur

    Owen Jones

    KOPIEREG KENNISGEWING

    Kopiereg (C) Desember 2018 Owen Jones Author

    Gebliseer deur Megan Publishing Services

    ––––––––

    Owen Jones en ander skrywers se reg om geïndentifiseer te wees as outeurs van hierdie werke, is aangevoer volgens seksies 77 en 78 van die Copyright Designs and Patents Act 1977. Die morele reg van die skrywers is aangevoer.

    In hierdie fiksie werke is die karakters, plekke en gebeure die produk van die skrywer se verbeelding of dis heeltemal fiktief gebruik.

    Verkoop Voorwaarde

    Hierdie boek word verkoop onderhewig aan die voorwaarde dat dit nie, deur verkoping of andersins, geleen, herverkoop, uitverhuur of andersins gesirkuleer word in enige vorm van binding of voorblad anders as dit waarin die werk gepubliseer is nie en sonder dat hierdie of soortgelyke voorwaarde opgehef word op die konsekwente koper.

    KONTAK BESONDERHEDE

    http://twitter.com/owen_author

    http://owencerijones.com

    http://facebook.com/OwenJonesWriter

    Sluit aan by ons nuusbrief vir binnekring informasie

    oor ons boeke by:

    http://meganthemisconception.com

    DIE OUTEURS:

    ––––––––

    Trever Aindow

    Jennifer J. Chow

    Bernard Foong

    Owen Jones

    Sara Mallery

    Matt Carrell

    David Collier

    Gay Ingram

    Mike Lord

    Die individuele outeurs bly die eienaars van hulle eie stories en moet direk gekontak word oor enige navrae deur die kontak besonderhede te gebruik wat hulle verskaf het na elke werk.

    OOR HIERDIE BUNDEL

    Asiatiese Kort Verhale het die lug gesien as gevolg van ‘n reeks gebeure oor ‘n naweek in May 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy gehoor het van ‘n klompie kortverhale met Asië as agtergrond, en ek het geantwoord dat ek ook ‘n paar sulke stories het. Nog ‘n vriend het vir my e-pos gestuur dat hy ‘n kort storie oor Pattaya wou skryf en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van hierdie boek.

    Dis was asof iemand vir my iets wou vertel, of altans ‘n paar het in elk geval.

    Die negentien verhale deur nege outeurs in hierdie bundel was na my toe gestuur in een maand, maar verskil net soveel soos die skrywers. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat sterk gekenmerk moet wees in die verhaal. Ons het stories wat Kambodja, China, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam kenmerk, deur Asiatiese en nie-Asiatiese outeurs wat bly in of kom vanaf Brittanje, Thailand, Die VSA en Vietnam.

    Sommige van die skrywers is wel-bekend as skrywers, sommiges is beter bekend in ander sfere, sommiges het al baie voorheen geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indië Publisering paadjie en vir nog ander is hierdie die eerste keer wat hulle of julle die stories sien in enige soort druk formaat.

    Lees meer oor elke outeur op die webtuistes wat na elke storie verskag word.

    Ek beveel deeglik aan dat die webtuistes besoek word omdat dit wat julle meer sal uitvind oor die outeurs julle sal verras, dit waarborg ek julle.

    Laastens, my dank aan al die outeurs wat hierdie bundel moontlik gemaak het, ons hoop dat u die bundel sal geniet en elke skrywer u terugvoer oor die stories sal gee of aan my by die publiseerders oor die boek as geheel terugvoer sal gee.

    Laastens maar nie die minste nie, gee asseblief ‘n resensie oor die boek wanneer u klaar gelees het. U opinies is belangrik en sal ons outeurs en ander lesers help.

    Beste Wense

    Owen Jones

    ––––––––

    DIE FIETS

    Deur Mike Lord

    "Me oi, me oi." Vir een of ander rede word hierdie sin altyd twee keer geskree. Die familie was besig met aandete, en die enigste manier wat Ngoc homself hoorbaar kon maak was om te skree. Wanneer jy die jongste is in ‘n familie kan dít moeilik wees, en Ngoc het homself dikwels in die moeilikheid gekry as hy ‘n gesprek onderbreek.

    Wanneer gaan Huong universiteit toe? het Ngoc opgevolg.

    Hoekom wil jy weet? het sy moeder gevra.

    Want dan kan ek haar fiets kry, Ngoc se logika, op die ouderdom van 10, was eenvoudig.

    Ngoc het sy nou al vir weke gepla oor ‘n fiets, vandat die nuwe skooljaar begin het. Hy was in die laaste jaar van laerskool en blykbaar het ander seuns skool toe gekom met splinternuwe fietse. Ngoc se moeder het ‘n mentale nota gemaak om met haar jongste suster te paar en te kyk of hulle ‘n fiets kon leen vir Ngoc. ‘n Ou een. Die is moeilik vandat haar man skielik dood is vier jaar terug en die koste van ‘ n nuwe fiets sou onmoontlik wees.

    Twee dae later was Ngoc gepresenteer met ‘n regop fiets wat eens swart was. Dit het ‘n mandjie vooraan, wat in ‘n redelike kondisie was, en ‘n klein staal bagasie rak agter gehad. Dit was die vorige dag versigtig skoon gevee met ‘n olielappie om die roeskolle weg te steek. Ngoc kon nog nie die pedale bereik as hy op die sitplek gesit het nie, so hy het geleer ry deur staande te trap. Hy het vinnig geleer om so staande fiets te ry. As hy versigtig was, het die saal nie te veel teen sy rug gekap nie. Hy het vinnig geleer dat ‘n vriend, wat op die bagasie rak sit, kan help om te trap van agter af.

    Een middag, laat in October, het Ngoc en ‘n neef, Quang, besluit om in die rivier te gaan baber soek. Die rivier was agter die mark naby die huis, op pad na die militêre lugbasis. Die twee seuns het versigtig met die fiets vertrek, met Quang wat trap van agter af. Die pad was nie baie gebruik nie, behalwe deur die militêre voertuie, maar in die laat middag was daar geen verkeer nie.

    Hulle wou ‘n baber vang, veral ‘n grote. Die rivier was omtrent 2 kilometer van die mark af, wat vir twee klein seuntjies baie ver is. Hulle het die fiets parkeer en het probleme gehad met die ou staal staander en die fiets het bly omval, maar eindelik het hulle dit staande gekry. Van die brug af kon hulle die rivier sien en opgelet dat die oewer weier gemaak is, al was die water vloei nog baie stadig. Die babers het in die herfs son gebak en hulle kon een baie grote sien sukkel in die vlak water, so die twee seuns het teen die wal af gehardloop om dit te probeer vang.

    Die seuns het opgelet dat die rivier verbreed is om plek te maak vir die konstruksie van ‘n klein dam aan die anderkant van die pad, en ‘n tydelike wal was gemaak om die water terug te hou totdat die oorloop klaar was. Om die vis te vang was geen probleem nie, maar om dit op te tel was en die twee seuns het gesukkel, laggend en enkel diep in die water het hulle agtergekom daar is ‘n kommosie op die rivier brug direk bo hulle.

    Toe hulle opkyk het hulle gesien daar was ‘n uitlander wat daar gestaan het. Later het hulle uitgevind hy was ‘n ingenieur wat die supervisie van die konstruksie van die nuwe dam en waterweg sisteem hanteer het. Ngoc kon nogal baie Engels praat en die twee seuns het die uitlander genader en Ncog het gesê:

    Hallo, en die uitlander het opgekyk van waar hy agter die rand van die brug gekniel het. Hy het ‘n groot moersleutel in sy hand gehad en het probeer om ‘n groet moer te draai, maar dit wou nie beweeg nie. Onder die moer was ‘n lang ry boute, wat onder die pad vlak in gegaan het.

    Haai, het die ingenieur gesê, wat gesweet en mompelend gevloek het oor die probleem "die riviervlak is te hoog en sal oor sy banke bars as ons nie versigtig is nie. Kan julle my help om die sluis oop te maak?

    Die twee seuns het probeer help, maar die moersleutel was nie groot genoeg nie. Die ingenieur het nou al agtergekom dat Ncog hom verstaan. Dit was nogal vreemd omdat meeste kinders van Ncog se ouderdom net ‘n paar woorde Engels gepraat het, indien enige.

    Die man wat verantwoordelik is vir hierdie sluis is siek vandag, so vanaand het ek die water vlak kom nagaan. Ons het regtig die hekwiel nodig om die sluis oop maak, het die ingenieur verduidelik.

    Waar is dit? het Ngoc gevra.

    Dis in die wit bakkie in die werkwerf, het die ingenieur geantwoord.

    Ngoc het geweet waar dit was en het aangebied om dit te gaan haal vir die ingenieur. En daar gaan hy op sy fiets, en het Quang gelos waar hy staan en kyk terwyl die ingenieur verder sukkel met die hardnekkige sluis. Hy het die bakkie na omtrent ‘n half kilometer bereik en het oor die agterklap geklim. Die staal wiel het daar op die vloer gelê en was baie groter as wat Ncog gedink het dit sou wees. Hy het dit reggekry om dit oor die rand van die agterklap te stoot en dit op die grond laat val. Hy het dit ook reggekry om dit in die mandjie vooraan die fiets te kry en dit teen die stuurstang laat leun. Terwyl hy probeer het om sy fiets te ry, was die fiets ‘n bietjie swaar aan die bokant, maar hy het die reggekry na ‘n effense wankelende begin om die fiets terug brug toe te ry.

    Hy het die fiets gestop en die ingenieur het nader gekom om die wiel na die sluis toe te help dra. Die fiets wou nie weer regop staan nie, so hierdie keer het Ngoc dit op die grond laat val. Die ingenieur het die wiel reg gemaak en al drie het gehelp om dit te draai. Daar was ook twee ander sluise wat hulle oopgemaak het.

    Hulle kon dadelik die water se geruis onderdeur die brug onder hulle voete hoor toe die staal sluise op gelig word en in die water in spoel waar die twee seuns visgevang het. Die water vlak by die rand van die pad het stadig begin sak en na ‘n rukkie het die ingenieur die seuns bedank vir hulle hulp.

    Ngoc en Quang het teruggeloop na waar hulle die fiets gelos het.

    Waar is die fiets? het Ngoc gevra. Quang het effe bekommerd gelyk.

    Dit het in die water geval, het Quang geantwoord, terwyl jy die wiel saam met die uitlander gedra het. Beide seuns het in die water gesoek teen die kant van die pad wat al heelwat dieper geraak het vandat die sluise oop is en Ngoc het ‘n sinkende gevoel gehad dat dit die laaste sien van sy nuwe fiets was. Hulle het ‘n stuk bamboes gevind en begin om in die water te soek maar hulle kon nie eers die bodem bereik nie. Soos hulle begin het om die land pad huis toe te loop het die ingenieur vir hulle gewaai en in die teenoorgestelde rigting vertrek, met die wiel.

    Toe hulle by die huis kom het hulle dit reggekry om elkeen in sy huis in te sluip sonder om gesien te word, Ngoc se moeder was besig om te kook en het die seuns geroep om te kom eet nadat hulle gewas het. Niks was oor

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1