Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

'n Aand in Annwn: Tussenwêreld, #1
'n Aand in Annwn: Tussenwêreld, #1
'n Aand in Annwn: Tussenwêreld, #1
Ebook215 pages3 hours

'n Aand in Annwn: Tussenwêreld, #1

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Aand in Tussenwêreld

Die Storie van William Jones se Amper-Dood Ervaring

William Jones, ‘n skaap boer in die Brecon Beacons, het ‘n gelukkige lewe gelei totdat sy vrou, Sarah, jonk oorlede is. Dit hom verpletter en het hom blykbaar op die pad van self-vernietiging gehad. Sy dogter, Becky, het probeer help, maar selfs sy het begin geduld verloor met haar pa.

Een aand was hy seker hy het gesterf en is gered uit sy ellende, maar dit was nie so nie. Hy het herstel. Maar sy lewe sou nooit weer dieselfde wees nie.

Hy het die Tussenwêreld ontdek waar sy vrou gebly het en het ‘n nuwe vitaliteit ontdek wat sy lewe verander het en die van almal met wie hy in kontak gekom het.

‘n Aand in Tussenwêreld is ‘n liefdes verhaal wat strek oor die grootste kloof – tussen lewe en dood; ‘n kykie na ‘n amper-dood ervaring en ‘n nuwe uitkyk aangaande die mitologiese Walliese Hemel wat bekend staan as Tussenwêreld.

Wees voorbereid om ‘n anderkant van die Walliese Keltiese mitologie te sien maar jy sal nooit weer oor die dood dink in enige ander manier nie. Dit waarborg ek jou!

LanguageAfrikaans
Release dateAug 4, 2022
ISBN9781071559086
'n Aand in Annwn: Tussenwêreld, #1

Related to 'n Aand in Annwn

Titles in the series (1)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for 'n Aand in Annwn

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    'n Aand in Annwn - Owen Jones

    ‘n AAND

    in

    ANNWN

    ––––––––

    Die vreemde verhaal van ou Willy Jones se Amper-Dood Ervaring

    deur

    Owen Jones

    Vertaal deur

    Marlette Taljaard

    KOPIEREG KENNISGEWING

    Kopiereg ©  2022 Owen Jones Outeur

    deur

    Megan Publishing Services

    http://meganthemisconception.com

    Tweede Uitgawe

    Alle regte voorbehou.

    Die reg van Owen Jones om geïdentifiseer te wees as die outeur van hierdie werk word aangevoer volgens seksies 77 en 78 van die Kopiereg Ontwerpe en Patente Wet van 1988.

    In hierdie fiksie werk, is die karakters en gebeure ‘n produk van die outeur se verbeelding of hulle is geheel en al fiktief gebruik. Sommige plekke mag bestaan maar die gebeure is fiktief.

    Lisensie nota

    Hierdie e-boek is slegs gelisensieer vir jou persoonlike genot. Hierdie e-boek mag nie herverkoop of weggegee word aan ander mense nie. Indien u hierdie boek met iemand anders wil deel, koop asseblief ‘n addisionele kopie vir elke ontvanger. Indien u hierdie boek lees maar het dit nie gekoop nie of dit was nie gekoop vir u gebruik alleenlik nie, koop asseblief u eie kopie.

    Dankie dat u die harde werk van hierdie outeur respekteer.

    KONTAK BESONDERHEDE

    http://owencerijones.com

    Sluit aan by ons nuusbrief vir binnekring informasie oor Owen Jones se boeke en skryfwerk deur jou epos adres in te sleutel op

    http://meganthemisconception.com

    OPGEDRA  AAN

    My ouers en al die Spiritualiste in ons familie, beide op die oppervlak en nie, omdat julle my ‘n goeie perspektief in die lewe gegee het.

    ––––––––

    INHOUDSOPGAWE

    1.WILLY JONES

    2.WILLY SE UITSTAPPIE

    3.SARAH

    4.TUSSENWêRELD

    5.SITPLEK OM TE LEER

    6.RONDBEWEEG

    7.HER-HERONTWAKING

    8.BRYN-TEG KOTHUIS

    9.NUWE STOKPERDJIES

    10. DIE ONTWIKKELING KRING

    11. SPIRITUELE GENESING

    12. DIE TROMPET VRYWILLIGE

    13. DIE LAASTE STANING 

    14. DIE POSHORING GALLOP

    WOORDELYS

    OOR DIE SKRYWER

    ANDER BOEKE DEUR DIE SKRYWER

    Bonus Hoofstuk: LOT DRAAIER

    WILLY JONES

    Pa, is pa al wakker? het Becky in die klein donker kothuis ingeroep en die deur agter haar hard toegeslaan net ingeval hy nog nie wakker was nie. Sy het onmiddellik gewonder of sy dit nie moes oop gelos het nie. Die reuk was aaklig. Pa, dis ek, Becky! Staan nou op, asseblief Pa!

    Sy het die gordyne voor die voorste sitkamer venster oopgetrek, wat nogal groot was vir 'n ou Walliese plattelandse kothuis, maar dit was nog steeds klein teen moderne standaarde. Sy het die venster wyd oopgemaak en vasgedraai met ou outydse skroewe en toe kombuis toe gegaan.

    Deel van die rede van die reuk het dadelik vorendag gekom. Kiddy, die ou swart Walliese skaaphond het by die agter deur gebewe en het beslis bedeesd gelyk.

    Moenie daaroor bekommerd wees nie, ou meisie, jy kon dit nie help nie. Hy moes jou al ure terug laat uit gaan het. Sy het die ou agterdeur oopgemaak en so die honde gemors verder oor die vloer versprei. Fok! het sy onwillekeurig gesê toe 'n nuwe stank golf opstyg uit die vars versteurde en belugte hopie honde poef.

    So gou as wat die gaping groot genoeg was, het Kiddy dankbaar die tuin in geglip, te bly om weg te kom van haar bron van vernedering af.

    Becky het die emmer en stinkende vloerlap onder die wasbak uitgehaal, maar moes eers die skottelgoed uitpak op die werksoppervlakte voor sy die emmer met water kon volmaak om die vloer te was. Omdat daar geen warm water of handelsmerk skoonmaak middels was nie, het sy koue water en seep poeier gebruik.

    Daar was ook nie rubber handskoene nie, so sy het afgesak op haar knieë en begin om die hond se gemors skoon te maak.

    Kak, kak, kak en nog kak! het sy by haarself gemompel. Hierdie huis is een groot kakhuis. Soos sy om die twee-voet bruin strook werk, het haar sole van haar skoene aan die vloer vas geplak. Die hele kombuis het krag-skoonmaak benodig met kookwater, het sy gedink. Toe sy tevrede was met daardie klein kol, het Becky in die tuin in gegaan en die water in die buite toilet gaan wegspoel. Toe het sy haar hande en die emmer buite onder die buite kraan gewas, bleikmiddel uit die toilet in gegooi en die emmer weer vol water getap met die lap daarin sodat dit kon week en hopelik self skoon kom.

    Sy het weer by die kombuis ingegaan, die prop in die wasbak gesit, die kraan oopgedraai, die venster oopgemaak en die skottelgoed in die water gesit om ook te week. Die enigste kookgerei wat gebruik was vandat sy laaste keer daar was, is die braaipan, maar al die skottelgoed was vuil en so ook ‘n klompie koppies, whisky glase en bierglase.

    Sy geweet wat dit beteken. ‘n Braai en tee in die oggend, laat oggend of vroeë middag, ‘n braai en bier in die aand en ‘n paar whiskies voor bedtyd. Die situasie was besig om onmoontlik te raak en Becky was besig om vinnig haar geduld met haar pa te verloor, al het sy jammer gevoel vir sy arme ou hond wat in hierdie varkhok moet bly saam met haar pa, wat blykbaar nie omgee vir die reuk en agteruitgang nie.

    Terwyl sy die skottelgoed was, het sy uitgekyk na die kort berg reeks wat ‘n paar myl agter wat nou eufemisties ‘n tuin genoem word, maar wat pragtig was toe sy nog by die huis gebly het. Die berge was altyd ‘n trekpleister vir haar en sy het na haar ma geaard in daardie opsig. Haar ma het die skottelgoed twee of drie keer ‘n dag gewas by hierdie venster en het na daardie berge gestaar vir twee-en-veertig jaar.

    Sy en haar pa hou daarvan om te dink sy is nou gelukkig om in en om die berge te speel en rond te dwaal noudat sy nie meer met hulle was nie. Sy het vyf jaar terug gesterf van serviks kanker. Dit was ‘n opperste verrassing omdat sy nooit gegaan het vir haar ondersoeke wat gereël was by die hospitaal nie. Gediagnoseer en dood binne drie maande. Dit was ‘n verskriklike skok.

    Maar, hedendaags weet Becky meer oor die siekte en laat haarself gereeld toets en vermoed haar hardwerkende, onverstoorbare ma het geweet sy het ‘n probleem maar wou nie ‘n las wees nie en het dalk gehou van die idee om dood te wees en weg van die gewroeg van ‘n klein, geïsoleerde, eensame, berg plaas.

    Ek sou die dit gewas het so gou as wat ek hier onder was!

    "O! Pa het my laat skrik! Ek wens pa wil my nie so bekruip nie. Ek het mos al vir Pa gesê, nè Pa?

    Dis nou ‘n mooi manier om jou ou pa te groet. Elk geval, Ek het jou nie bekruip nie en selfs al het ek, mag ek dit doen in my eie huis.

    Hoe voel Paps vandag? Somtyds het sy teruggeval na die ou volks-taal en hom Paps genoem en soms het hulle selfs Wallies gepraat maar nie so gereeld nadat Becky teruggekom het van horto-kulturele kollege en haar ma dood is nie.

    Ek is orraait. Ek raak net so moeg en ek sien nie die punt om vroeg op te staan wanneer dit so koud is nie. Hoekom nie wag dat die son die plek eers bietjie opwarm en bly in die bed tot dan nie? Is daar tee? Ek is droog. My mond proe soos ‘n arbeider se deurtrekker.

    Moet Pa so walglik grafies wees? Ek het nie twee pare hande nie, weet Pa! Ek het skoonmaak waar ou Kiddy gemors het omdat Pa te moeg was om haar te laat uitgaan en hierdie plek was te vuil om enigiets te eet.

    En Pa behoort regtig beter na Pa-self te kyk, het sy gesê terwyl sy omdraai en hom op en af bekyk. Pa lyk soos ‘n slons.

    William Jones het voor haar gestaan in sy pajama broek sonder pantoffels. Sy halwe kop wit hare het in alle rigtings gestaan en die spiere in sy gesig het steeds aan die slaap gelyk. ‘n Reuk van sy asem terwyl hy praat het haar vermoede oor die whisky slaap-drankies bevestig – tien-teen-een genoeg vir ‘n volledige hoofpyn vanoggend.

    "Hoekom gaan borsel Pa nie solank Pa se tande en spoel pa se gesig af om behoorlik wakker te word nie?

    "Ek het nie enige preke oor persoonlike higiëne van jou af nodig nie, baie dankie. Ek het my eie roetine, ingeburger oor sestig jaar en dit was nog altyd goed genoeg. Ek gaan dit nie nou verander nie, nie vir jou of enigiemand anders nie. Jou liewe ou moeder het nooit gekla nie en haar standaarde is goed genoeg vir my.

    In elk geval, as jy dan my kom en gaan moet weet, ek is op pad badkamer toe. So verskoon my..."

    Hy het buite toe gegaan. Hy het altyd gewas onder die buite kraan tensy daar sneeu of ys op die grond was, en ‘n stort of bad was nog steeds net een-‘n-week spesiale geleentheid.

    Sy het haar hande aan ‘n teedoek afgedroog, die ketel volgemaak, die gas aangesteek, drie teesakkies in die teepot laat val, nadat sy seker gemaak het dit is leeg en het weer begin skottelgoed was.

    Gaan trek aan, Paps, het sy hom aangepor toe hy weer binnekom en die handdoek afhaak agter die deur. Ek sal roosterbrood maak en die tee sal reg wees wanneer die brood reg is. Gaan nou, en moenie te lank vat nie.

    Sy het die teepot verwarm, die teesakkies teruggesit en warm water daaroor gegiet. Toe het sy die prop uit die wasbak getrek en die rooster aangesteek. Sy het soos gewoonlik haar eie kos saam gebring omdat William amper nooit by die winkels uit kom nie en die binnekant van die yskas was ‘n misdryf tot ordentlikheid. Sy sal dit later takel maar nou wou sy eers ontbyt eet.

    Terwyl die rooster opwarm, onthou sy van die hond en sit die oorskiet was sy gebring het in haar kosbak. Daar sal moontlik ‘n half-oop gemaakte, half gebruikte, opgedroogde blik hondevleis in die yskas wees, maar dit sal moet wag en Kiddy verdien ‘n geskenkie van tyd tot tyd.

    Net voor sy haar Pa hoor afkom, het sy die tafeldoek uitgeskud by die voordeur, dit vervang met ‘n skoon een en het die ontbyt op die tafel uitgepak.

    Sien, Pa kan mooi lyk as Pa wil.

    Niemand gaan my sien nie, so wie gee om? Jy het nie dalk bier saam met daardie gesmelte kaas gesit nie?

    Nee, Pa gaan deur genoeg bier deur die dag sonder dat dit in ontbyt ook moet wees.

    Bier in kaas is nie soos om bier te drink nie, dis tradisioneel. Walliese Broodjie, is wat mens dit noem. Dis ‘n eeue-oue Walliese tradisie, maar jy hou van jou gesmelte kaas op die Engelse manier, sonder bier.

    Eendag gaan Pa so dankbaar wees, dat ek my gaan dood skok en ek dan by Ma gaan aansluit in die berge hier agter. Ouers kla dat kinders ondankbaar is, maar ou mense, of in hierdie geval Pa, is baie erger.

    Ek is jammer, Becky, het hy gesê en opgekyk na haar. Ek waardeer alles wat jy vir my doen, regtigwaar ... Dis net dat ou mense gewoond is aan hulle manier van doen. My moeder, mag God haar siel laat rus, het altyd bier in die gesmelte kaas gesit vir my ou Pa, en jou ma het dit altyd vir my gedoen. Na sestig jaar van bier in kaas op roosterbrood, kom jy en dwing jou manier af. Jy kan dit insien, of hoe?

    Ja, Paps, sal pa nou asseblief stilbly oor die blerrie bier!

    O! Taal, Becky! Jou ma sou nooit sulke vuil taal in die huis toegelaat het nie en nog minder sal ek in haar afwesigheid! Dis nog ‘n vieslike gewoonte wat jy opgetel het in daardie Engelse kollege.

    Nee, dit is nie! Ek kry dit van Pa.

    William was nie seker of dit waar was of nie, maar het besluit om nie te stry nie. Dis ‘n lekker leksel tee en die kaas is lekker vir ‘n verandering, as ons dit net eet soos dit is elke nou en dan, het hy gesê.

    Die waarheid is, ek weet daar was moontlik bier in die yskas, maar ek kon myself nie sover bring om daar in te kyk voor ek geëet het nie.

    Haar pa het gelag. Dit kan ek verstaan! Ek hou ook nie daarvan om daar in te gaan nie, veral na donker. Mens weet nooit wat daar binne kan skuil nie. Iets kan jou dalk jou hand afbyt! en het gemaak asof hy haar hand wil gryp.

    Sy het haar hand net betyds teruggetrek, as deel van die pret.

    Hoekom lewe Pa so? Daar is geen nut daarvoor nie, is daar? Pa praat oor tradisie maar Ma het hierdie huis silwerskoon gehou. Dit was haar trots en plesier, maar ek wed sy sou skaam gekry het om nou haar voete hier binne te sit.

    Wel, dis waar jy verkeerd is, Mej. Slimkop met jou Engelse kollege onderrig. Ek sit gereeld en praat met jou ma binne hierdie mure.

    Ek weet, Pa, maar ek wed sy skud gereeld haar kop oor die toestand waarin Pa hierdie plek laat beland. Dit het vanoggend soos ‘n bier grot gestink ... bier, whisky, honde poef en ou verrotte kos. Dit het my amper siek gemaak!

    Ek is jammer, ek weet ek laat die plek soms te vuil raak. Daar is net geen aansporing meer nie. Ek probeer soms, regtig. Die wil is net nie meer daar nie, veronderstel ek.

    Hoekom kom bly pa nie by ons nie? Ons sal daarvan hou en ons het Pa al soveel keer gevra. Die plek is te groot vir een man alleen, veral een wat nog nooit self ‘n huishouding moes bestuur nie. Pa kry dit nie reg nie en dan is daar nog Pa se rumatiek, Pa se rug en geswelde voete.

    Jy laat my klink asof ek gereed is vir die slagpale. Kyk, ek weet jy het al baie gevra, en julle is baie gaaf, maar ek kan nie hierdie huis verlaat nie. Daar is te veel mense en herinneringe hier vir my en ou Kiddy. In elk geval, as ons uit trek sal jou ma alleen hier wees.

    Ek weet Pa glo dit, maar ek dink dat as daar spoke is, en ek sien nie hoekom daar nie kan wees nie, dan kan hulle gaan waar hulle wil. Hulle behoort nie gebonde te wees aan een plek nie.

    Wel, ek is nie seker nie. Mens hoor gereeld van ‘n kol of huis wat vol spoke is, of hoe? Ek is nie een vir emosionele taal soos spookhuise ensovoorts nie, maar ek dink spoke, soos mense, raak geheg aan een plek en bly dan daar.

    Maar hoekom sou hulle geheg raak? Dit maak mos nie sin nie.

    Ja, dit maak sin as mens daaroor dink. Ons met liggame raak geheg aan vriende, familie en ons eiendom. As ek more doodgaan, beteken dit nie jy gaan more in Zimbabwe gaan bly nie, of hoe? As ‘n meteoor op hierdie plaas kom val, gaan ek nie oppak en in Skotland gaan bly nie, nè?

    Nee, definitief nie. Ek is emosioneel geheg aan hierdie plek. Ek bly hier en as ek vir ‘n rukkie moet weggaan, kom ek terug. So maak negentig persent ander mense ook. Dis net snaakse uitgewekenes wat wegtrek vir ‘n lang tyd en dan sterf meeste van hulle by die huis. Jy kan dit van my neem dat spoke, of mense sonder liggame, dinge doen oor dieselfde redes as die met liggame.

    Het Pa vir Ma gesien en met haar gepraat van aangesig tot aangesig?

    Dit is ‘n baie moeilike vraag om te antwoord, my skat. Ek het vanoggend met jou gepraat maar jy het gestaan met jou rug na my gedraai en het my nie gesien nie. Maar dit het jou nie gekeer om te weet dit was ek agter jou nie, of hoe? Om jou vraag te beantwoord, ek het haar nog nooit gesien soos ek nou na jou kyk nie, of ‘n gesprek met haar gehad nie soos ek nou met jou praat nie. Ek dink dat ek glimpe van haar gesien het, soos wanneer die televisie af is en ek hoor haar stem in my kop.

    Pa sien Ma op die TV? Ek het dit gesien in films, maar ek het nog nooit gehoor daarvan in die regte lewe nie. Is Pa seker?

    Nee, ek het dit nie so bedoel nie! Ek sien dalk haar gestalte in ‘n venster, die stoom van die ketel of in die skadu’s van die huis. Ek het ‘n teorie daaroor. Jou ma het nog nie geleer om haarself te beskerm nie en ek weet nie waarvoor ek kyk nie. Verstaan jy?

    Ek is nie seker nie. Wanneer mens dood is is jy dood, of hoe?

    Mense neem so aan maar niemand weet verseker nie. Of laat ek dit anders stel ... niemand kan bewys dat hulle weet nie. Daar is ‘n man wat aandring daarop dat hy God se regterhand is op die planeet, maar God het hom nog nie help bewys dat dit so is nie. Maar dit word uitbasuin uit die Katolieke wêreld media asof dit ‘n onbetwiste evangelie is. Hoe kan jy of hulle wegkom daarmee in vandag se tyd?

    As daar reïnkarnasie is, was ons voorheen dood en wat is daar om te leer?

    "Op dieselfde wyse kan ons sê dat as daar reïnkarnasie is, was ons al voorheen gebore, maar ons moet nou weer leer hoe om te loop en praat en hoe om

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1